By NG Proteapark is ons op ‘n reis – ‘n reis van groei, geloof en liefde. Ons missiestelling lei ons:
“Ons groei in die volheid van Jesus terwyl ons Hom deel met almal.”
Hier is jy meer as net ‘n besoeker, jy’s deel van ‘n geloofsfamilie wat saam wil groei in Christus en Sy liefde wil uitstraal na die wêreld. Ons gemeente is ‘n ruimte waar jy met jou hele hart kan behoort, waar jou unieke storie waardevol is, en waar jy genade, waarheid en aanvaarding sal vind.
Ons kernwaardes – Deernis, Opoffering, Doelgerigtheid en Insluitendheid – is nie net woorde nie, maar riglyne vir hoe ons leef, liefhet en saam kerk wees.
Of jy nuuskierig is oor geloof, op soek is na ‘n geestelike tuiste, of gereed is om aktief te dien – daar is plek vir jou hier. Kom aanbid saam met ons, neem deel aan ons lewendige programme en ontdek ‘n gemeenskap wat saam groei in Jesus se volheid.
Kom soos jy is.
Hier is jy geliefd.
Hier is jy wélkom.
NG Proteapark – jou geloofsfamilie in Christus.
[contact-form-7 id=”f6a89a2″ title=”Contact form 1″]